Toe het Hy [Jesus] vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
Lukas 9:23
Toe het Hy [Jesus] vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
Lukas 9:23
En nadat hulle [1ste dissiples] die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy [Jesus] volgelinge geword.
Lukas 5:11
Ek glo:
in die betroubaarheid van die Bybel, as die onfeilbare Woord van God, deur Hom geïnspireer, wat vir alle mense en tydperke geld.
in die God 3-enig: God, die Vader; Jesus Christus, die eniggebore Seun van God; en die Heilige Gees, die Gees van Waarheid wat in ons woon.
Jesus is waarlik God en was ook waarlik mens.
Jesus is uit 'n maagd gebore, was gekruisig, het gesterf vir ons sondes, en het op die 3de dag weer opgestaan en opgevaar na die hemel, waar Hy sit aan die regterhand van God, ons almagtige Vader.
in die eksklusiwiteit van Christus; die verlossing deur Christus; Jesus is die enigste weg.
dat ek slegs deur genade gered is.
dat Jesus weer kom om ons regverdig te kom oordeel.
dat die Heilige Gees, die Gees van die Waarheid in ons as Voorspraak woon, om ons te leer en te herinner aan die Woord van God.
in die skeppingsweek; die hemel en alles daarin en die aarde en alles daarop is in 6 dae geskape; en God het die 7de dag as gereelde rusdag geheilig.
in die sondeval van die mens + die werklike bestaan van die Satan.
In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
1 Petrus 3:15
Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
2 Timoteus 3:14-17
Hy [Jesus] sê toe vir sy dissipels:
"Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes."
Matteus 9:37-38
Maar Jesus antwoord haar [Samaritaanse vrou by die put]:
"Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee."
Johannes 4:13-14
Hierdie blad is soos 'n fontein waar kennis gedeel word - sodat ons saam aan die lewende water van God se Woord kan drink.