Die maand Abib of Nisan, merk die begin van die jaar (let wel, nie Nuwe Jaar nie), volgens die Bybelsejaarkalender.
Joodsekalender naam: Nisan
Aantal dae in maand = 30
Die presiese dag word jaarliks deur die maansiklus bepaal, maar begin min of meer altyd middel Maart, aan die begin van die Noordelike halfrond se Lente.
Die maand Abib (Maart - April), later genoem Nisan (na die Babiloniese ballingskap), word duidelik deur God in Eksodus 12:1-2 as die begin van die jaar uitgesonder.
Maand # 1 [begin van Lente - nuwe seisoen]
Maand #7 [vanaf Nuwe Jaar (Rosh Hashanah)]
Betekenis:
Abib = “groen, jong, vars gerf/are"
Nisan = “wonderwerk”
ABIB
Op die eerste dag van die eerste maand van die ses honderd en eerste jaar van Noag was die water op die aarde heeltemal weggedroog. Noag het die luik van die ark oopgemaak en uitgekyk. Die hele aarde was droog.
Genesis 8:13
In Egipte het die Here vir Moses en Aäron gesê: “Hierdie maand is vir julle die belangrikste maand; die moet die eerste maand van die jaar word.
Eksodus 12:1-2
“Onthou die maand Abib en vier die paasfees tot eer van die Here jou God. Dit was ‘n nag in die maand Abib dat die Here jou God jou uit Egipte laat trek het.
Deuteronomium 16:1
“Julle vertrek vandag, op hierdie besonderse dag in die maand Abib.
Eksodus 13:4
“Jy moet die fees van die ongesuurde brood vier. Soos Ek jou al vroeër beveel het, moet jy sewe dae ongesuurde brood eet, van dié dag in die maand Abib af waarop jy uit Egipte weggetrek het. Die volk mag nie sonder offers voor My verskyn nie.
Eksodus 23:15
“Julle moet die fees van die ongesuurde brood vier. Soos Ek julle beveel het, moet julle sewe dae ongesuurde brood eet, van die vasgestelde dag van die maand Abib af, want dit is die dag waarop julle uit Egipte weggetrek het.
Eksodus 34:18
Die Here het vir Moses gesê: “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy die tabernakel, die tent van ontmoeting, opslaan.
Eksodus 40:1-2
Op die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar na die uittog is die tabernakel opgerig.
Eksodus 40:17
Die hele volk Israel het in die eerste maand in die Sinwoestyn aangekom en toe by Kades oorgebly. Mirjam is daar oorlede en is ook daar begrawe.
Numeri 20:1
Die volk het op die tiende dag van die eerste maand uit die Jordaan gekom en kamp opgeslaan in Gilgal, oos van Jerigo.
Josua 4:19
So sê die Here my God: "Op die eerste dag van die eerste maand moet jy 'n bul sonder liggaamsgebrek vat en die heiligdom laat reinig:
Esegiël 45:18
"Op die veertiende van die eerste maand moet julle die paasfees vier, wannneer julle moet begin om sewe dae lank net ongesuurde brood te eet.
Esegiël 45:21
NISAN
In die eerste maand, die maand Nisan, in die twaalfde regeringsjaar van koning Ahasveros, is met die Pur, dit is met die lot, in die teenwoordigheid van Haman beslis om ‘n geskikte datum te kry om die Jode uit te roei. Die lot het geval op die twaalfde maand, die maand Adar.
Ester 3:7
Dit was in die maand Nisan, die twintigste jaar van koning Artasasta. Die wyn was voor hom, en ek moes dit optel en aan hom gee. Ek was nooit bedruk voor hom nie,
Nehemia 2:1
Sif [April - Mei], is die 2de maand van die Bybelse kalenderjaar.
Joodsekalender naam: Iyar / Ijar (na die Babiloniese ballingskap)
Aantal dae in maand = 29
Betekenis:
Sif = “uitstraling, helderheid”
SIF
Vier honderd en tagtig jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, vier jaar nadat Salomo koning van Israel geword het, het hy begin bou aan die tempel van die Here. Dit was die maand Sif, die tweede maand.
1 Konings 6:1
Die fondament van die huis van die Here is gelê in die vierde jaar, in die maand Sif, en die tempel met al sy toebehore en sy hele inrigting is voltooi in die elfde jaar, in die maand Bul, die agtste maand. Hulle het sewe jaar aan die tempel gebou.
1 Konings 6:37-38
Maar daar was persone wat die paasfees nie op daardie dag kon vier nie omdat hulle aan 'n lyk geraak het en dus onrein was. Maar dan moet hulle dit in die tweede maand, op die veertiende van die maand, teen sonsondergang vier. Hulle moet die paaslam eet saam met die ongesuurde brood en bitter kruie.
Numeri 9:6a+11